Cordis Trust het trots in hierdie vrouemaand, Augustus 2022, binne die mikpunte van deernis, Afrikaanse woordkuns en geestelike groei, vyf merkwaardige vroue se volgehoue rol en bydrae erken.

Dit sluit in twee Orde van die Kruik-toekennings as deel van die Teater van die lewe, ’n Orde van die Goue Pen en ’n Orde van die Beiteltjie as deel van die Afrikaanse Woordkunsakademie, asook ’n Orde van die Lamp as deel van ’n Boodskap van Hoop.

Ronell Bezuidenhout: Orde van die Lamp
Karen de Wet: Orde van die Pen
Therina Wentzel-Du Toit: Orde van die Kruik
Sybil Visagie: Orde van die Kruik
Louise Viljoen: Orde van die Beiteltje

Hulle ontvang elk prysgeld en ’n kopie van die bundel Vers&Vrou saamgestel deur Karen de Wet.