“Eenpersoon-optredes verwoord tydens ’n enger leeftyd”.
Cordis Trust Publikasies het pas ’n bundel, KLEIN TEATER, deur Fanie Marais gepubliseer. Hy noem die inhoud van die bundel “eenpersoon-optredes verwoord tydens ’n enger leeftyd”.
Fanie skryf die bundel word opgedra aan “elkeen wat ’n klein daaglikse oorwinning oor omstandighede en die self voor ’n spieël beleef, asof dit ’n eerste plek op ’n podium is, en omdraai met hoop in die hart vir die dag se taak, al is dit net om die gordyn oop te trek om lig in te laat.”
Die bundel word deur Cordis Trust geoormerk vir bepeinsing en kleingroep-besprekings en word daarom gratis versprei in boekvorm en as e-boek. Vir meer inligting e-pos cordistrust@discoverymail.co.za.








