“Ek kan die hele wêreld vir een mens verander.”

Ek kan nie die hele wêreld verander nie, want ek is net een mens, maar ek kan die hele wêreld vir een mens verander.
Deernisprojekte soos “Ten spyte Van” deur Cordis Trust en die Pierneefteater, om erkenning te gee aan instansies/persone wat uitmuntende gemeenskapsdiens lewer (Orde van die kruik), ‘n databasis van kundiges in hulpverlening asook ‘n projek om nuwe en gebruikte boeke te versprei waar dit ‘n verskil in mense se lewens kan maak, is deel van ons deernisaksies.

Ten spyte van
Hierdie program word reeds sedert 2003 jaarliks by die Pierneefteater aangebied. Dit is vir optrede van gestremde groepe (ongeveer 10) en talle individue as demonstrasie dat ten spyte van inkortings deelnemers steeds ‘n betekenisvolle rol kan speel. Dit is ook ‘n geleentheid vir fondsinsameling ten bate van die deelnemers. Jopie Koen fasiliteer die projek (wat hoë eise stel aan veilige toegang en logistiek). Cordis Trust borg die fasiliteite en aanbieding. Die begrip “teater van die lewe” het by die 2013 aanbieding by my ontstaan omrede ek besef het dat hierdie optredes is nie rolspel nie, maar daaglikse werklikheid.
Orde van die Kruik
Toekennings aan individue en instansies vir deerniswerk wat met oorgawe in die gemeenskap gedoen word. Sedert 2010 is meer as 40 toekennings met prysgeld en ‘n oorkonde gedoen.
Cordis Trust borg die fasiliteite en aanbieding. Die begrip “teater van die lewe” het by die 2013 aanbieding by my ontstaan omrede ek besef het dat hierdie optredes is nie rolspel nie, maar daaglikse werklikheid.
Dr. Fanie Marais, Uitvoerende Trustee
Keersyfoto: Daphney Twala








