Beiteltjies: Simbool van voortreflikheid

Dié vier trotse ontvangers sluit nou aan by die vorige 39 ontvangers wat voorheen met hierdie simbool van voortreflikheid beloon is.

Ons is trots op die drie Orde van die Beiteltjie-toekennings wat dr. Fanie Marais, uitvoerende trustee, in Pretoria aan onderskeidelik Rina Cascione, Margaret Cordier en Aniki Joseph oorhandig het. Die Orde van die Beiteltjie sal ook in Klerksdorp aan Leoni Benghiat oorhandig word.
Orde van die Beiteltjie 2023:
Vier ontvangers deur die inisiatief Afrikaanse woordkunsakademie vir die volgehoue geesdrif, betrokkenheid, deelname en eiesoortige sigbare resultate met verskeie aspekte van die Afrikaanse woordkuns in gemeenskapsverband.
Vorige ontvangers:
Uysie Alberts, Nerina Bennett, René Bohnen, Marie Bredenkamp, Kobus Burger, Annalie Calitz, Clinton V du Plessis, Roy & Susan Glover, Lisa Hänggli, Martin Jansen, Leti Kleyn, Jopie Koen, Helena Liebenberg, Myra Lochner, Danie Marais, Cornelis Mellet Moll, Jo Prins, Mathys Roets, Ian Raper, Illse Salzwedel, Gisela Ullyatt, Karlien van der Merwe, Annemarie van der Walt, Lidi van Schalkwyk,
Hiëronymus Brink, Lizanne Barnard, Petro Hansen, Dewald Koen, Koos Marais, Callie Steijn, Petronel Baard, Deniel en Frazer Barry, Chrisna Beuke-Muir, Deon Meiring ,Steffie le Roux, Ilse Oppelt, Frieda van den Heever en Louise Viljoen.

Rina Cascione, Aniki Joseph en Margaret Cordier.

Leoni Benghiat








