Cordis Trust spreek ‘n behoefte by kunstenaars aan om in die skilderkuns, verskuns, fotografie, grafiese werk, tekeninge en selfs grafitti, uiting te gee aan die uitbeelding van die gevoelslewe, omgewing en gemeenskap vir  groter blootstelling en erkenning ; en om nasionaal deel te neem aan die uitbeelding van sosiale aspekte van Suid-Afrika, dikwels in globale verband.

Vader Frans Claerhout

“Skakeling met verskeie kunstenaars, lei my na Vader Frans Claerhout, wat die beeldgedigte Kromdraai gepubliseer het. Die kopie van Woordpalet wat ek aan hom geskenk het, het hy teruggestuur met talle illustrasies. Dit is daarna opgevolg met talle tekeninge ter uitbeelding van geskrifte van Mardene. My ontmoeting en verbintenis met Vader Claerhout was ‘n besondere lewenservaring.

Fanie Marais, Uitvoerende Trustee Cordis Trust

Verskeidenheid kuns