Ian saam met Fanie Marais

Dr. Ian Raper (78), uitgewer en biograaf van die operasangeres Mimi Coertse, is in September 2023 oorlede.

Hy is in 2021 vereer as lid van Cordis Trust se Ererol en is ook in 2015 met die Orde van die Beiteltjie en 2012 die Orde van die Goue Pen vereer vir sy volgehoue geesdrif in die bevordering van Afrikaans.

Dr Fanie Marais,  uitvoerende trustee van Cordis Trust het Ian Raper beskryf as iemand wat

“verse oopbreek om die inhoud te verstaan.”

Hy was ’n ervare akademikus en sy uitgewery, Rosslyn-Pers, het met prominente skrywers en digters skouer geskuur.

Versklas en besprekings by die HAP (Huis Van Afrikaanse Poësie) het binne die Cordis Trust-bevorderingsdoelwitte van Afrikaanse woordkuns tot samewerking gelei.

Die Cordis Trust Orde van die goue Pen vir langtermyn bydraes tot Afrikaans is in 2012 aan Ian toegeken met ’n prys en publikasievoordeel. Sy debuut-digbundel, “Oorlopers”, het hieruit voortgevloei en is op RSG Skrywers en boeke bespreek.

Ian het sy uitgebreide kennis van digkuns met geesdrif gedeel en talle aspirante tot publikasie gebring. As deel van sy erkentlikheid teenoor Cordis Trust het hy twee digters gehelp om by Cordis Trust Publikasies te publiseer. Erna Jo Kritzinger het Delirium en André Viljoen Die Tweede Lyf gepubliseer.

Ilse Salzwedel gesels met prof. Bernard Odendaal oor Ian Raper se digbundel “Oorlopers”. Die onderhoud is op 13 November 2013 as deel van die program Skrywers en Boeke op RSG uitgesaai. Bernard lees ook verskeie gedigte uit die bundel voor. “Oorlopers” is in 2013 deur Cordis Trust gepubliseer. Ian het Cordis Trust se Orde van die goue Pen in 2012 ontvang.