“Gee vlerke aan woorde en Woordgebasseerde heling” – Myra Lochner

Myra Lochner het erkenning ontvang deur insluiting op die Cordis Trust-ererol in 2021. Sy het ’n groot rol in die bevordering van Afrikaanse woordkuns as Taalkreatief: Afrikaans gespeel lank voor die stigting van Cordis Trust in 2000.
Fanie Marais, uitvoerende trustee van Cordis Trust, skryf Myra se inisiatief vanaf 2001, Kreativ SA, is ’n gemeenskapsinsiatief, om skrywers – professioneel en beginners, oud en jonk – te ondersteun in die realiseer van ’n droom van eie ’n publikasie.
Die tipe publikasies strek oor ’n wye register – prosa, poësie, memoirs, outobiografieë, biografieë, geestelike dagstukkies en helingspublikasies o.a. oor verslawing, depressie, die dood, selfdood, moord, huweliksverval en -geweld, kanker, kindermolestering en armoede en veral meer onlangs, bundels oor die KOVID-19-pandemie, veral met die oog op spirituele groei, heling en bewusmaking.
Die projekte word gerugsteun deur die slagsin, “Gee en groei, groei en gee”, wat individue aanmoedig om talente aan hulle toebedeel, in werking te stel om enkeling en/of die gemeenskap te verryk.
Sommige van die publikasies is geborg deur KREATIV SA (uit eie fondse) en CORDIS TRUST, wat reeds van die ontstaan van laasgenoemde trust by die werksaamhede van KREATIV SA betrokke is, en vice versa.

Myra was op uitnodiging van prof Frans Bezuidenhout vir byna sewe jaar betrokke by tersiêre slypskole vir nagraadse studente in die Sosiologie (Groepsdinamika) aan die NMMU (tans NMU), met Woordgebaseerde helingsmodules en skeppende skryfkuns as basis. Verskeie publikasies het hieruit voortgespruit. Sy was ook een van die sameroepers/beoordelaars van die Wes-Kaap Department van Gesondheid se (MIV) VIGS-poësie-kompetisie vir skole. Haar deernisgedrewe fokus is om die individu te begelei tot optimale funksionering binne gesins-/gemeenskapsverband.
Een van die KREATIV SA-skrywers, Kobus de Wet ‒ sy nuutste publikasie, Aartjie en sy vaartjie (KREATIV SA, 2020), is geskryf met insette van sy breinbeseerde seun, Gert de Wet ‒ merk op: “Gert se gesig wanneer hy die boeke saam met my teken, is genoeg beloning!”
Einde Desember 1999 se ontmoeting het tot ‘n besondere sinergie met die mikpunte van Cordis Trust gelei. Myra se eie filosofie van deernis, woordkuns en die geestelike koppelvlak binne Kreativ SA het tot hoë vlak meelewing, uitstekende insette en sigbare resultate gelei.
Myra en Kreativ SA (met digitale ontwerpkuns deur Herman Lochner) was verantwoordelik vir etlike Cordis Trust Publikasie-borgboeke, met die volledige saamstel, uitleg, taalversorging, onderhandeling met drukkers en bystand met die finale proewe en gehaltebeheer. Die meeste publikasies van Cordis Trust en Kreativ SA is deernis-, tema- en geestelik gedrewe en sluit talle erkende skrywers en digters in.
Aldus Myra: “Ek beskou CORDIS TRUST en KREATIV SA as ’n hegte eenheid met gedeelde doelwitte, wat in geskeidenheid ook eie projekte fasiliteer.”

Watter see sal my wegvoer na Oorkant-die-water? Watter oomblik vervoer my van nou na die Later? Myra Lochner Kleinmond 2022/2023
Ander toekennings:
Myra is slegs een van vier ontvangers van die Orde van die Ster van Cordis Trust vir die deurlopende bevordering van doelwitte.
Sy is ook die ontvanger van:
- Die Orde van die Goue Pen (2010, 2012) vir bydraes tot Afrikaans – resulteer in CTP “Wonder”.
- Die Orde van die Beiteltjie (2015) vir die geesdriftige uitbou van die woordkuns
- Die Orde van die Kruik vir deerniswerk
- Kreativ SA het ook in 2010 die Orde van die Goue Pen ontvang.








