“Goeie Nuus vir Altyd” deur Margy De Beer Pretorius
‘n Besondere publikasie binne die Cordis Trust mikpunt van die bevordering van die Boodskap van Hoop met onderwerpe wat die geloof versterk en hoop in die hart bring, het pas verskyn.
Dit is Margy se wens dat die inhoud gratis toeganklik gemaak word waar daar ‘n behoefte is. Die verspreiding in boekvorm en as e-boek word beplan deur Margy aan die hand van kundige insette.
Die boek is opgedra aan elke gelowige wat in die drukgang van die lewe die Woord as riglyn gebruik vir geloofsekerheid en rigtinggewende leesstof ter verdieping en bevestiging van die boodskap van hoop. Dit bevat ook kragtige boodskappe vir nie-gelowiges.
Cordis Trust publikasies is oortuig daarvan dat die inhoud van die boek wye trefkrag kan hê vir jeugdiges, deur die middeljare en vir seniors. Dit word ook beskou as ‘n belangrike hulpmiddel vir groepbesprekings.










