Jopie saam met Carel Trichardt en Petru Wessels.

In 2021 is Jopie Koen op die Jopie Koen op die Cordis Trust 21-ererol vermeld.

Fanie Marais, uitvoerende trustee van Cordis Trust skryf Jopie “herskep die begrip deernis”.

“Daar was samewerking met Jopie deur haar betrokkenheid by Die Woordgilde en Teaterhuisie etlike jare voor die stigting van Cordis Trust. Reeds in 1990 het sy insette gelewer tot die publikasie van Woordpalet van Mardene Marais wat in 1992 werklikheid geword en bygedra het tot die stigting van Cordis Trust in 2000.

“Sy word deeltydse fasiliteerder van deernisprojekte en haar toewyding herskryf die definisie van omgee in die praktyk.

“Met die stigting van Pierneefteater in 2003 het Jopie ’n fasiliteit daargestel wat toeganklikheid vir ’n breë spektrum woordkunstenaars bied en ’n besondere platform vir kinderteater. Sedert die stigting het sy jaarliks ’n hartsinisiatief, Ten Spyte Van ‒ teateroptredes vir persone met inkortings ‒ aangebied met ondersteuning van Cordis Trust. Dit was nie in 2020 moontlik nie.

“Die begrippe leef en beleef kom by my op en een so ’n optrede het die begrip, Teater van die lewe, beskrywend van Cordis se deernisuitreik gemaak,” sê Fanie Marais.

COVID-19 het nuwe denke in die teaterbedryf genoodsaak. Jopie het ’n eie leerkurwe suksesvol aan ander oorgedra en verskeie aanlynkonserte aangebied. Dit het ook die konsep, Cordis Trust Virtueel, as aanbiedingsplatform aangemoedig.

Jopie is die ontvanger van:

  • Orde van die Ster (slegs een van vier) vir die direkte bevordering van Cordis Trust se mikpunte.
  • Orde van die Goue Pen vir Afrikaanse woordkuns.
  • Orde van die Beiteltjie vir geesdriftige meewerking en leiding in woordkuns.
  • Orde van die Kruik vir deerniswerk.
  • Orde van die Goue Pen aan die Woordgilde onder haar leiding.
Jopie saam met Jannie du Toit in 2018.
Jopie saam met Amanda Strydom (links) en Coenraad Rall (middel).

“Die begrippe leef en beleef kom by my op en een so ’n optrede het die begrip, Teater van die lewe, beskrywend van Cordis se deernisuitreik gemaak.”

FANIE MARAIS