“Stem wat gevoel in woorde ontsluit.” – Dawid Minnaar
Dawid Minnaar is ’n veelsydige, gevestigde akteur.
Hy word beskou as ’n akteur met ’n meesterlike begrip van en greep op die karakters wat hy vertolk en het die vaardigheid om dit voortreflik te doen.
Dawid het met die uitstel van opnames deur COVID-19 beperkings ’n tydgleuf gehad waar tussen voorbereidings ’n geleentheid ontstaan het om ’n behoefte van Cordis Trust aan gedigtevoorlesings te oorweeg.
Die teks was van skrywes van wyle Mardene Marais as Sonstorie gepubliseer en ’n saamstelbundel (Sonstorie – digreis) met voortdigting van tema-onderwerpe deur meer as 50 deelnemers. Dawid kon met hierdie ideaal meeleef. Die eindresultaat reflekteer dieselfde hoë standaarde wat Dawid in sy loopbaan handhaaf.
Hierdie voorlesings bied geleenthede tot verdere ontginning in die nie-winsgewende woordkunsstrewes van Cordis Trust.
Dawid is in 2021 erken op die Cordis Trust-ererol.









