Alida Marais se digbundel Roetland is uitgegee deur Cordis Trust, 2019.

En al staan ek nou
soos ’n drogbeeld voor jou
kyk wéét ek, soos wat ek weet van god
dat my reise jou altyd ná sa trek, 
en dat jou my woorde jou altyd sal bedaar
op plekke waar seisoene
jou naam in sonsirkels sal merk

Alida Marais se gedig “soos sukkelende poetry” soos dit in die “Gelykmaker”-bundel verskyn.

Klik en luister na Alida Marais se gedig “soos sukkelende poetry” soos dit in die “Gelykmaker”-bundel verskyn, voorgelees deur Johan Allers.
soos sukkelende poetry
leen ek myself uit
aan dié
herskeppings en mompelende opsluitings
wat eintlik kapings is
ja, soos sukkelende sêgoed
óntleen ek my lyf
aan die status qou van knak
en skryf tronktekste en poësie soos breyten en kie
maar ag, verdra my maar
want afsondering ís kritiek
en dalk sal hierdie ekkerigheid
van my praat
verdwyn soos iets wat dros
dalk sal dinge nie áltyd
wees soos nou nie
en net miskien sal die leë velle papier opraak
en ek sal briewe van joú nood ook kry
êrens waar die absensie jou in die donker vang
want ek mis jou stem
en die eenlingskap
pas my hart eenvoudig nie

Dié video-voorlesing van Alida se gedig “Ek is bang” is deur die Nederlandse digkuns-inisiatief “Schrijverscollectief Meierijstad” op You Tube geplaas: