Die Orde van die Goue Pen is in 2010 vir die eerste keer toegeken.
Die Orde word deur die Afrikaanse Woordkunsakademie toegeken aan diegene wat ‘n buitengewone langtermyn bydrae tot die bevordering van Afrikaanse woordkuns gelewer het.
Die Orde van die Goue Pen van die Cordis Afrikaanse Woordkunsakademie is in 2010 vir die eerste keer toegeken.
Die ontvangers was Johann de Jager, Jannie du Toit, Jopie Koen, Helena Liebenberg, Myra Lochner, Gert Opperman, Jaco van der Merwe, Christa Steyn, Carel Trichardt, Petru Wessels, Die Woordgilde en Kreativ SA.
Oor sy toekenning skryf Jannie du Toit: “Dit het tog ook deur die jare vir Christa en myself baie beteken as daar van tyd tot tyd ‘n soort van ‘n dankie, welgedaan-, hou so aan-gebaar gekom het. Wanner mense wat op die een of ander manier vir kultuur en kuns omgee, ons vereer het, het dit ons aangespoor om nuwe dinge aan te pak. Want erkenning laat jou glo dat dit waarmee jy besig is, die moeite werd is. Ek is opreg dankbaar vir elke vorm van erkenning wat ek gekry het.”
Die Orde word deur die Afrikaanse Woordkunsakademie toegeken aan diegene wat ‘n buitengewone langtermyn bydrae tot die bevordering van Afrikaanse woordkuns gelewer het.


















