Foto: Facebook

“Mondverse” bevat 12 Afrikaanse gedigtoonsettings deur Lisa, elk van ’n ander digter.

In 2013 skakel Lisa Lorenz (Hänggli), Suid-Afrikaansgebore opera-sangeres van Zürich, Marie Bredenkamp met die doel om Afrikaanse gedigte te toonset.

Fanie Marais van Cordis Trust was die tussenganger en ’n unieke produksie, “Mondverse”, is deur Lisa in George vrygestel by ’n luisterryke geleentheid, waar die Suid-Kaap Kinderkoor opgetree het.

Foto: Facebook

Lisa is in Suid-Afrika gebore en woon in Switserland. Sy sing al van kleins af en werk sedert 1994 as sangeres by die opera in Zürich.  

Net voor sy 50 geword het, het Lisa besluit om ‘n uitdaging aan te pak en ‘n nuwe medium vir haar kreatiwiteit te vind: porselein. Sedertdien het sy kurusse geneemp en belê in haar vakman- en kunstenaarskap.

Sy omskep haar idees in porselein en skep met vreugde en verwondering verder as wat sy gedink het moontlik is. Sy woon naby Zürich, Switserland.

In 2015 het Lisa die Afrikaanse Woordkuns Akademie se Orde van die Beiteltjie ontvang.

“Beste vriende. Woordpalet is een soen vir elke leser … liefde sterf nooit nie.”

Vader Frans Claerhout

“Woordpalet” was die eerste publikasie van Cordis Trust, op daardie stadium die Mardene Marais Gedenktrust.

Mardene se geskrifte is in die bundel gepubliseer saam met kunswerke van o.a. Vader Claerhout wat diep getref was deur haar werk.

Klik en luister na Lisa se toonsetting van Mardene Marais se gedig “Kom ons droom vandag”.