Uysie Alberts het in 2015 geskiedenis gemaak om die eerste woordkunstenaar te word om die Orde van die Beiteltjie van Cordis Trust te ontvang. Dit was op meriete, alfabeties en saam met 24 ander.

Die aankondigings is destyds een-een virtueel op Facebook gedoen en was ‘n vreugdefees.

Uysie is vertel stories met digkuns en fotografie.

Haar gedig en foto’s “sani” verslyn op die “My Land SA”-webwerf projek van Cordis Trust. Dit beskryf die Sani-pas in die Drakensberge .

bo-op sanipas ruik ek soet engelasem

wat diep in my longe bly klou …

klou aan die uitsig wyd soos genade

en die ervaring om tot hier te kom:

die landskap verander padlangs

van malse weivelde

wiegende gras in saad

en valleie beskerm

deur grootse rotsformasies

wat my soos ‘n fort omvou.

‘n geskenkpakket om elke draai

watervalle spat blink

geel bosse pom-pom in blom

proteas pronk pienk en wit

kerklokkiebos, fynbos,

selfs erika se kind –

voëlgeluide kweel en terg

met swiep van kleur en vlerk;

oranjeborsberglyster is net hier te vind

hoër op raak rotse meer

draaie skerper en die afkyk verder

op die alpynse plato groei plante

endemies aan dié gebied

en ‘n botanis skarrel om die karnallies

op te spoor en te kiek

maar

ek voel die wind van onsigbare vlerke

en proe die vars engelasem-bries

ek wil dat my mond woorde maak

wat hierdie oomblik tydloos vries

sani deur Uysie Alberts