Afrikaanse taal en kultuurhistoriese ontginning.

Helena se aanstelling kort hierna by die Wes-Kaapse Argief in Kaapstad en gevolglike verhuising, het gelei tot TKA se naamsverandering na KREATIV SA, met Myra as alleeneienaar, groter gemeenskapsbetrokkenheid en ook die verdere verfyning van helingskryfkuns.

Helena Liebenberg en Myra Lochner was medestigters van TAALKREATIEF: AFRIKAANS, met stigtingsdatum, 30 April 1997 te George, met aanvanklike projekte gefokus op die bevordering van Afrikaans in skole en die sakesektor van die Suid-Kaap. Prof Johan Combrink (US) het hierdie inisiatief ondersteun tot en met sy dood op 25 Julie 1999.

Helena is egter sporadies betrek by KSA-projekte as beoordelaar en taalpraktisyn.

’n Eerste ontmoeting met Fanie Marais van Cordis Trust by ‘n funksie van Kreativ SA in September 2001 sou ’n gesamentlike belangstellings- en bevorderingsveld in Afrikaanse taal en kultuurhistoriese ontginning binne die Tracing History Trust meebring, met Cordis Trust in ’n ondersteuningsrol.


Helena het ’n diep spirituele digbundel, Rooswater-bloemlesing by Cordis Trust gepubliseer.


Cordis Trust deel haar geesdrif vir die Afrikaanse taal en die bewaring van ons taalerfenis.
Die Orde van die Goue Pen is in 2010 en 2012 aan haar toegeken op grond van sigbare resultate in taalbevordering oor ’n lang tydperk. Haar volgehoue ywer binne kultuurhistoriese verband het die Orde van die Beiteltjie in 2015 aan haar besorg. Helena is ook erken op die Cordis Trust Ererol.