Floris Brown (1948–) is ’n Afrikaanse digter, musikant, komponis en skaakspeler wat ‘n groot rol in die maatskaplik-sosiale opheffing van sy gemeenskap speel.

Gedurende sy loopbaan as digter publiseer hy 34 digbundels.

Hy werk onder meer as rekenaargeletterdheidsonderwyser vir volwasse blinde, gedeeltelik siende en siende mense by die Instituut vir Blindes op Worcester.

Hy het sy poësie op talle televisieprogramme, sowel as feeste regoor die land, opgevoer. In 2012 ontvang hy twee Cordis Trusttoekennings – Orde Van Die Kruik en Orde Van Die Goue Pen, en in 2013 oorhandig die Worcester Rotariërklub ‘n merietetoekenning vir die bevordering van Afrikaans aan Floris.

Hy sê: “Sukses word gemeet aan diegene wat die wêreld ryker nalaat in dit wat hul kon bied in die tyd toe hul nog geleef het.”

2012 – Orde van die Kruik

2012 – Orde van die Goue Pen

‘n Man vir God, medemens en sy taal: OP PAD MET AFRIKAANS

In 2013 publiseer Cordis Trust Floris Brown se werk met dié titel. Hy skryf ‘n gedig vir Mardene en haar pa.”Maak toe daai vensters wat so klap” min wetende dat dit tydloos sou wees. Myra Lochner van Kreativ SA het die samestelling van die publikasie soos deugaans voortreflik hanteer.

<i>Daai irriterende venster geklap
roof my nagrus. Suid-Afrika swygsug.
Faljiet hang soos die swaard van Domokles
alles so korrup. Selfs Afrika swig.
nou gaan reënboë in vlamme op
in kantore antwoorde aan soeke
een vir een val ‘n hoë boom in sop.
(Mardene se hartklop klink op in boeke).
Marikana gaan jare by ons spook
al meer ‘n nuwer vorm van geweld
roekeloos gaan kinders skool tikgerook
ai, tegnosie grafstil soos ‘n speld.
in vroeg snerpende koue winterryp
sien ons Fanie oral… knippe toeknyp.


Faljiet= ‘n toestand van bankrotskap.
Damokles= dreigende gevaar.
tegnosie- kennis van God.