Suksesvolle visie waarin ’n droom, groter as hyself, tot gestalte kom.

Dit is ’n voorreg vir Cordis Trust om die ORDE VAN DIE GOUE PEN 2022 toe te ken aan die joernalis en aanbieder Johan Allers.
Fanie Marais, uitvoerende direkteur van Cordis Trust, skryf:
“Deur sy lojaliteit, harde werk, opofferings en veral vir sy liefde vir Afrikaans vereer die Cordis Trust Afrikaanse Woordkunsakademie hom met die Orde van die Goue Pen – vir uitmuntende aktuele joernalistiek en die uitbou en verryking van Afrikaans, deur die skep van blootstelling en mediadekking vir bydraes van talentvolle woordkunstenaars, m.b.t. prosa, poësie, sang en drama.
Dit is ’n welverdiende eer, maar ook ’n beëdiging van ’n suksesvolle visie waarin ’n droom, groter as hyself, tot gestalte kom.








